top of page

JAG BUDDES 

JAGGELEENTHEDE

Jaggeleenthede

KwaZulu-Natal het in 1994 tot stand gekom met die samevoeging van Natal, een van die ou Suid-Afrika se vier provinsies, en die voormalige "Zoeloe-tuisland" KwaZulu.

KwaZulu-Natal het tot 2004 twee hoofstede gehad - Natal se ou hoofstad, Pietermaritzburg (die provinsie se naasgrootste stad) en Ulundi, die ou administratiewe hoofstad van KwaZulu. In 1995 het 'n kommissie van ondersoek aanbeveel dat die provinsiale regering voorlopig om die beurt in Pietermaritzburg en Ulundi vergader.

Durban is KwaZulu-Natal se grootste stad. Ander belangrike plekke is onder meer Richardsbaai, Dundee, Ladysmith, Newcastle ('n staal- en steenkoolsentrum), Port Shepstone, Estcourt en Vryheid.

bottom of page